{"id":701,"date":"2019-02-12T06:53:29","date_gmt":"2019-02-11T17:53:29","guid":{"rendered":"http:\/\/zirkvandenberg.com\/?page_id=701"},"modified":"2022-04-23T11:11:14","modified_gmt":"2022-04-22T23:11:14","slug":"ek-wens-ek-wens","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/boeke\/ek-wens-ek-wens\/","title":{"rendered":"Ek wens, ek wens"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_702\" aria-describedby=\"caption-attachment-702\" style=\"width: 197px\" class=\"wp-caption alignright\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-702\" src=\"http:\/\/zirkvandenberg.com\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/EK_WENS_EK_WENS_final-197x300.jpg\" alt=\"\" width=\"197\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/zirkvandenberg.com\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/EK_WENS_EK_WENS_final-197x300.jpg 197w, https:\/\/zirkvandenberg.com\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/EK_WENS_EK_WENS_final-768x1170.jpg 768w, https:\/\/zirkvandenberg.com\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/EK_WENS_EK_WENS_final-672x1024.jpg 672w, https:\/\/zirkvandenberg.com\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/EK_WENS_EK_WENS_final-940x1432.jpg 940w, https:\/\/zirkvandenberg.com\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/EK_WENS_EK_WENS_final-500x762.jpg 500w, https:\/\/zirkvandenberg.com\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/EK_WENS_EK_WENS_final.jpg 1535w\" sizes=\"(max-width: 197px) 100vw, 197px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-702\" class=\"wp-caption-text\">Ek wens, ek wens (Kwela, 2019)<\/figcaption><\/figure>\n<blockquote><p>Soms is \u2019n roman klein en dun en stil, maar dit dawer soos \u2019n spreuk of blink soos \u2019n edelsteen. Hierdie is so \u2019n roman. Dis asof dit nog altyd daar was. Daar is niks geprakseer of bewimpel daaraan nie: dis amper vanselfsprekend. Daar is geen poging tot mooiskryf of opstoppery nie, die taal is gestroop, net die nodige inkleding word gedoen, soos met \u2019n novelle, en wat die leser bybly is die karakters. Daar is te min van hierdie soort boeke in Afrikaans\u2026 &#8211; Deborah Steinmair, Skrop.co.za<\/p>\n<p>&#8216;n Klein boek met &#8216;n impak soos &#8216;n donderhou. &#8211; Joan Hambidge,\u00a0Woorde wat Weeg, 21 Junie 2020<\/p>\n<p>&#8216;n sprokie wat met meesterlike hale onmiddellik &#8216;n lewe oproep &#8211; Jean Meiring, Rapport, 24 Februarie 2019<\/p>\n<p>Ek wens ek wens bewys dat &#8216;n novelle selfs meer trefkrag as &#8216;n ellelange roman kan h\u00ea. Met ekonomiese woordgebruik, uitsonderlike goeie karakterisering en knap situasieskepping oorrompel die skrywer die leser met di\u00e9 aandoenlike verhaal oor hoe betowerend die lewe kan wees.\u00a0 \u2013 Francois Bekker, Die Burger, 11 Maart 2019<\/p>\n<p>Betower soos &#8216;n kind deur &#8216;n sprokie, kon ek die boek nie neersit nie. [&#8230;] Wat Ek wens, ek wens egter so buitengewoon maak, is dat die bonatuurlike uiteindelik nie &#8216;n deurslaggewende rol speel nie. [&#8230;] Hierin l\u00ea Van den Berg se meesterskap en die betowering van die boek. &#8211; Willie Burger, Vrouekeur, 7 Junie 2019<\/p>\n<p>Van den Berg se roman is \u2019n genot om te lees, is met tye verstommend snaaks. &#8211; Reinhardt Fourie, Litnet, 4 Mei 2020<\/p><\/blockquote>\n<p><strong><span style=\"font-size: 16px;\">Wenner van die:<\/span><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong><span style=\"font-size: 16px;\">2020 W.A. Hofmeyrprys vir literatuur<\/span><\/strong><\/li>\n<li><strong><span style=\"font-size: 16px;\">2020 kykNET-Rapportprys vir fiksie<\/span><\/strong><\/li>\n<li><strong><span style=\"font-size: 16px;\">2020 kykNET-Rapportprys vir film. <\/span><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p><em><span style=\"font-size: 16px;\">(Sien commendatios laer op die blad.)<\/span><\/em><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Kortlys vir die 2022 Hertzogprys vir Prosa<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-size: 16px;\">As lykbesorger het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, beendere aanmekaargelas en doodsbleek gesigte gegrimeer vir roubeklaers om te besigtig. \u2019n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie .<\/span><\/p>\n<p>Maar af en toe wens Seb t\u00f3g vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan \u2013 nie net by die werk nie, maar ook by die huis waar hy, sy vrou en tienerkinders by mekaar verby leef.<\/p>\n<p>Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, kry Seb wel rede om in wense te glo. En kom voor \u0149 dilemma te staan: Waarvoor wens jy as jy \u00e9\u00e9n wens het wat waar gaan word? Veral as dinge lelik begin skeefloop\u2026<\/p>\n<p>Ek loop al van minstens 2010 af met hierdie storie in my kop rond, en het toe al die kerntoneel geskryf waar Seb vir Gawie ontmoet. In 2017 het ek gaan sit en hom uiteindelik ordentlik neergeskryf.<\/p>\n<h3>Commendatio vir die 2020 W.A. Hofmeyrprys:<\/h3>\n<blockquote><p>Daar is boeke wat \u2019n mens in \u2019n ommesientjie kafdraf, maar wat jou jare lank bybly.\u00a0<em>The Old Man and the Sea<\/em>\u00a0deur Ernest Hemingway,\u00a0<em>The Great Gatsby<\/em>\u00a0deur F Scott Fitzgerald,\u00a0<em>Die klein prinsie<\/em>\u00a0deur Antoine de Saint Exup\u00e9ry en\u00a0<em>Things Fall Apart<\/em>\u00a0deur Chinua Achebe is enkele voorbeelde van bondige romans wat lang skaduwees gooi.\u00a0<em>Ek wens, ek wens<\/em>\u00a0deur Zirk van den Berg is ook so \u2019n groot, klein boek. Dit sorg vir \u2019n oorrompelende leeservaring, maar dit kom die leser se w\u00eareld binne sonder \u2019n gedawer of gedruis. Daar is geen poging tot grootdoenery en geen truuks of fieterjasies nie. Dit gee eerder voor om doodgewoon te wees \u2013 soos die hoofkarakter Sebastian Walters (Seb), \u2019n begrafnisondernemer wat sy voorspelbare lewe gedwee leef. S\u00f3 gelate met sy lot is Seb dat hy glo dit help nie om te wens of te droom nie. Hy dink hy leef nugter, maar eintlik is hy hoopverlore. Eers wanneer hy vreemd bekoor word deur sy ontmoeting met \u2019n sterwende kind genaamd Gawie (oftewel Gabri\u00ebl), begin Seb vars dink oor sy hartbegeertes. Ook die leser word tot nadenke gestem. Wat wil ons die heel graagste h\u00ea?\u00a0<em>Ek wens, ek wens<\/em>\u00a0is snaaks, slim, teer en verrassend. Dit is, in elke sin van die woord, \u2019n betowerende teks.<\/p><\/blockquote>\n<h3>Commendatio vir die 2020 kykNET-Rapportprys vir fiksie:<\/h3>\n<blockquote><p>Zirk van den Berg se Ek wens, ek wens het die tydloosheid en betowering van \u2019n moderne sprokie. Enersyds is dit herkenbaar eietyds; andersyds byna argetipies in die verkenning van oervrese en -begeertes.<\/p>\n<p>Seb Walters, \u2019n middeljarige lykbesorger, se lewe verloop met dodelike re\u00eblmaat: sy werk is voorspelbaar, sy huwelik saai en sy verhouding met sy tienerkinders stram. Al wens hy soms hy kan \u201cdie grond van sy bleek wortels afskud\u201d en soos \u2019n \u201cdistel op die wind\u201d sweef, voel hy meestal soos \u2019n graf-engel met vlerke van klip. Op \u2019n dag verander sy lewe handomkeer wanneer \u2019n agtjarige seun saam met sy ma by White Lily Funerals instap, omdat die terminaal siek kind presies wil weet wat met hom gaan gebeur wanneer hy sterf. Terwyl Seb vir Gawie (Gabri\u00ebl) toelaat om in een van die doodskiste te l\u00ea, vertel die seun hom van die sprokie oor \u2019n man wat drie wense kon wens. Di\u00e9 verhaal, en die buitengewone ontmoeting waarvan dit deel vorm, maak \u2019n onuitwisbare indruk op Seb en dwing hom om met nuwe o\u00eb na sy lewe buite die lykshuis te kyk.<\/p>\n<p>Soos die Rubik-kubus op die voorblad, pas alles in di\u00e9 roman naatloos inmekaar. Die fyn afgewerkte eindproduk spreek van deeglike navorsing, slim beplanning en taalvernuf. Uiteindelik word gr\u00f3\u00f3t vrae binne die omlysting van \u2019n beskeie lewe gevra, terwyl die weersinwekkende op verrassende wyse l\u00eaplek langs die wonderbaarlike kry. Sonder \u2019n sweem sentimentaliteit vuur Van den Berg se vertelling die verbeelding aan en nooi dit die leser uit om, saam met Seb, nuwe bestaansmoontlikhede te oorweeg.<\/p>\n<p>In taalgebruik vergroot Ek wens, ek wens die reikwydte van Afrikaans deurdat dit die amper vergete betekenisse van woorde soos onskuld, eerlikheid, welwillendheid, egtheid en hoop herontgin. In di\u00e9 opsig sluit dit aan by die sogenaamde \u201cnuwe opregtheid\u201d waarvan daar w\u00eareldwyd sprake is en waarin daar op doelbewuste, maar ingeligte, wyse wegbeweeg word van postmoderne afstandelikheid, ironie en sinisme.<\/p>\n<p>Ek wens, ek wens is \u2019n boek wat die leser oplaas losruk \u201cvan hierdie aardgebonde verdomde lot\u201d en die hoop laat vlam dat wense t\u00f3g waar kan word. Dit is die perfekte teenmiddel teen die Weltschmerz wat tans ervaar word en \u2019n waardige wenner van die kykNET-Rapport-boekprys vir 2020.<\/p>\n<p>&#8211; Thys Human, Noordwes-Universiteit<\/p><\/blockquote>\n<h3>Commendatio vir die 2020 kykNET-Rapportprys vir film:<\/h3>\n<blockquote><p>In \u2019n era van die \u201cquick fix\u201d en Twitter-nuus, Insta-influencers en groot gebare staan \u2019n onpretensieuse storie uit in al sy gewoonheid.<\/p>\n<p>Seb Walters is \u2019n begrafnisondernemer by die afgeleefde White Lily Funerals. Sy lewe is eentonig en roetine-gerig \u2013 grys, in alle opsigte. Tuis word sy teenwoordigheid slegs geduld deur sy vrou en twee tienerkinders; by die werk vind hy tog \u2019n mate van vrede in die prosesse van lykbesorging wat hy nougeset en met respek uitvoer. Vir meer durf hy nie wens nie.<\/p>\n<p>Of mag hy?<\/p>\n<p>Op \u2019n dag is daar \u2019n ingryping wanneer \u2019n sterwende seuntjie hom by Seb aanmeld met \u2019n ongewone versoek: Hy wil solank \u201cvoorberei\u201d vir sy komende dood deur in \u2019n kis te l\u00ea.<\/p>\n<p>Seb se lewe verander onherroeplik wanneer hy die skraal kind in die doodskis met sy wit satynvoering intel. Die seuntjie met die engelnaam, Gawie, vertel hom van die sprokie van die drie wense en sonder dat Seb dit besef, kantel sy eie saai bestaan op hierdie oomblik in di\u00e9 van \u2019n sprokie &#8230;<\/p>\n<p>Rolprentmakers kan kwalik vir beter storiemateriaal vra. Zirk van den Berg se Ek wens, ek wens is geskryf asof dit van meet af op die visuele vertelmedium gemik was.<\/p>\n<p>Afgeteken teen loodgrys re\u00ebnwolke, sy skoene met modder bespat, staan Seb teen \u2019n klipengel aangeleun en speel met \u2019n Rubik-kubus \u2013 \u2019n flits kleur teen die grys. \u2019n Ent van hom drom swart sambrele saam om \u2019n oop graf \u2013 die nuwe generasie tree aan vir die dood \u2013 wanneer \u2019n enkele geel sambreel oopvou en \u2019n smiley face ontplooi &#8230;<\/p>\n<p>Net soos Seb die dooies se organe sorgvuldig terugpak, die liggame met vloeistof vul en die gelaatskleur vir oulaas met \u2019n bietjie grimering tooi, net so sorgvuldig pak Seb sy eie herstelproses aan nadat hy met \u2019n skok besef sy eerste twee lukrake wense het waar geword.<\/p>\n<p>Vir die Afrikaanse rolprentganger is die alledaagse werksaamhede in \u2019n lykshuis verrassende en ongewone kykstof \u2013 \u2019n visuele simbool waarmee hulle maklik sal kan identifiseer. Net so gemaklik en boeiend is die dialoog, wat soomloos tot draaiboek verwerk kan word. Hoewel die tema hom ophou met die donker dinge van die lewe en die storie by tye hartseer is, is dit ook hoopvol en soms selfs verrassend snaaks, wat die kyker geboei hou en lok om emosioneel betrokke te raak by Seb, die underdog, se reis.<\/p>\n<p>Vir filmmakers skep die twee hoofkarakters en drie wense boonop die moontlikheid om binne \u2019n moderne sprokiegenre met \u2019n gehoor te kommunikeer \u2013 een wat juis ni\u00e9 deur toweragtige elemente, donderslae of bonatuurlike gebeure gekenmerk word nie, maar eerder deur \u2019n gewone man in \u2019n klein bestaan wat voor \u2019n kernbesluit te staan kom: Waarvoor wens jy as jy net \u00e9\u00e9n wens het?<\/p>\n<p>Eers dan word \u2019n reeks gebeure in werking gestel wat, soos die kleure van die Rubik-kubus, een vir een in plek klik om uiteindelik finaal tot rus te kom by verwondering. En die geleentheid om in \u2019n w\u00eareld vuisvoos n\u00e1 \u2019n pandemie \u2019n film te maak met die boodskap dat ons regtig in \u2019n gelukkige einde met meer genade kan glo.<\/p>\n<p>Zirk van den Berg dra Ek wens, ek wens aan Ryk Hattingh op. Ek wens hy was nog met ons. Hy sou hierdie roman se eenvoud besing het.<\/p>\n<p>&#8211; Gerrit Schoonhoven, regisseur<\/p><\/blockquote>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees die\u00a0<a href=\"https:\/\/www.vrouekeur.co.za\/nuus-vermaak\/kies-n-boek-ek-wens-ek-wens-zirk-van-den-berg\"><strong>resensie in Vrouekeur<\/strong><\/a>.<\/p>\n<p>Lees die <strong><a href=\"https:\/\/www.litnet.co.za\/resensie-ek-wens-ek-wens-deur-zirk-van-den-berg\/\">resensie op Litnet.<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Lees die <strong><a href=\"https:\/\/www.litnet.co.za\/kyknet-rapport-boekpryse-2020-n-onderhoud-met-zirk-van-den-berg\/\">onderhoud met Naomi Meyer op Litnet.<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soms is \u2019n roman klein en dun en stil, maar dit dawer soos \u2019n spreuk of blink soos \u2019n edelsteen&#8230;.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":169,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/701"}],"collection":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=701"}],"version-history":[{"count":16,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/701\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1021,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/701\/revisions\/1021"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/169"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=701"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}