{"id":888,"date":"2020-12-11T19:58:49","date_gmt":"2020-12-11T06:58:49","guid":{"rendered":"http:\/\/zirkvandenberg.com\/?p=888"},"modified":"2020-12-11T19:58:49","modified_gmt":"2020-12-11T06:58:49","slug":"na-die-maan-met-kuns","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/2020\/12\/11\/na-die-maan-met-kuns\/","title":{"rendered":"Na die maan met kuns"},"content":{"rendered":"<div dir=\"auto\">Eendag het ek &#8216;n bottel pickles present gekry by &#8216;n digter wat in die Chinese burgeroorlog kanker gekry het. (Dis die waarheid di\u00e9 en het met verbeelding niks uit te waaie nie.)<\/div>\n<div dir=\"auto\">Dit was in die dae toe jong witmans Suid-Afrika nog teen die ANC moes beveilig. Ek het my destydse vrou haarkapper toe gevat. Die haarkapper was in Groenpunt en ek was in uniform. Terwyl my vrou in die stoel was, het ek in die straat gestaan. Ek gee nie om om te wag nie. Dis een van my goeie eienskappe. Nog een is dat ek nie haatdraend is nie. Ek was ontuis in daardie uniform.<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Vrou by die haarkapper?&#8221; vra iemand. Dis &#8216;n ou man wat my oor &#8216;n tuinhekkie staan en bekyk. Ek knik. &#8220;In watter eenheid is jy?&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Ek is nie eintlik &#8216;n soldaat nie.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Nonsens. Jy&#8217;t &#8216;n uniform aan. Dan&#8217;s jy &#8216;n soldaat, dit maak nie saak wat jy doen nie.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">Ek antwoord nie. Ek gaan nie die fynere punte van my self-verontskuldiging met &#8216;n ou omie bespreek nie.<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Ek was in die Chinese burgeroorlog.&#8221; Hy wys na &#8216;n groot seer op sy lip. &#8220;Dis waar ek die kanker gekry het, van die son in die Gobi.&#8221; Ek kyk hom aan. So wragtig? &#8220;Almal is so bang vir die Russe, maar ek s\u00ea jou die Chinese is gevaarliker. Daar is baie van hulle en hulle weet hoe om &#8216;n mortier te gebruik.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">My vrou se hare beter nou klaar wees.<\/div>\n<div dir=\"auto\">Hy sien seker hoe ek hoek toe kyk. &#8220;My seun is die haarkapper. Ek en my vrou bly hier bo die salon. Dis eintlik baie lekker. Ons skryf musicals.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Musicals?&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Ja-a. Ons het al &#8216;n hele klomp gedoen. Ek skryf die woorde. Ek is eintlik &#8216;n digter. My vrou skryf die musiek. Dan stuur ons dit vir Kruik. Maar hulle wou nog nie een opgevoer het nie &#8230;&#8221; Hy voel aan die roof op sy lip. &#8220;Eenkeer het ek amper &#8216;n gedig maan toe gestuur. Kom in, dit sal nie lank wees nie, dan wys ek jou.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">Ek protesteer, maar goeie maniere is nie genoeg om hom van sy storie af te kry nie. Uiteinde is ek word aan sy vrou voorgestel, netjiese vroutjie met haar hare in &#8216;n rol agter haar kop. Die klavier staan gereed met bladmusiek oopgevou. Terwyl hy soek na die gedig wat amper maan toe gegaan het, vertel hulle my van hul musicals.<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Ons werk nou juis aan &#8216;n nuwe een.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Dis regtig ons beste, die keer.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Dit gaan wonderlik wees.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">Uit &#8216;n kis kom die man met &#8216;n brief te voorskyn. &#8220;Kyk hier is &#8216;n brief wat ek by Nasa gekry het.&#8221; Dis op blou papier met Nasa se se\u00ebl bo-aan. &#8216;n Beleefde relaas oor hoe hulle soveel versoeke kry om goed maan toe te vat dat hulle ongelukkig nie aan almal kan voldoen nie. Maar die ruimtevaarders het glo die gedig gelees en baie daarvan gehou. &#8220;Elkeen het sy gunsteling-stukkie vir my onderstreep, kyk net,&#8221; wys hy my. Daar staan hul name &#8211; Edwin Aldrin, Neil Armstrong en Frank Borman. &#8220;Hulle sou dit saamgevat het as hulle kon.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Ek is seker.&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">&#8220;Jy wil nie dalk van my pickles saamvat nie, netnou as jy gaan?&#8221;<\/div>\n<div dir=\"auto\">Ek het niemand om namens my nee-dankie-briewe op blou briefhoofde te skryf nie.<\/div>\n<div dir=\"auto\">Eendag lank, lank gelede, het ek &#8216;n bottel pickles present gekry by &#8216;n digter wat in die Chinese burgeroorlog kanker gekry het. Sy naam is Paul Devere. Jy kan hom maar gaan opsoek.<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Eendag het ek &#8216;n bottel pickles present gekry by &#8216;n digter wat in die Chinese burgeroorlog kanker gekry het. (Dis&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0},"categories":[38],"tags":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/888"}],"collection":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=888"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/888\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":889,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/888\/revisions\/889"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=888"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=888"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=888"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}