{"id":995,"date":"2022-02-06T08:09:08","date_gmt":"2022-02-05T19:09:08","guid":{"rendered":"http:\/\/zirkvandenberg.com\/?p=995"},"modified":"2022-02-06T08:09:08","modified_gmt":"2022-02-05T19:09:08","slug":"wat-lesers-nie-wil-hoor-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/2022\/02\/06\/wat-lesers-nie-wil-hoor-nie\/","title":{"rendered":"Wat lesers nie wil hoor nie"},"content":{"rendered":"<p>My eerste skrywerspraatjie was \u0149 teksboekvoorbeeld van hoe dit NIE gedoen moet word nie.<\/p>\n<p>Dit was in die vroe\u00eb 1990s, net nadat my kort historiese roman <em>Wydsbeen<\/em> verskyn het. Frederik de Jager, toe nog by Tafelberg, het my gevra om by Tygerberg Ho\u00ebrskool met die leerlinge te praat oor skryf of iets dergeliks.<\/p>\n<p>Nou, met die insig wat ek mettertyd ontwikkel het, weet ek dat wat daardie kinders seker wou gehoor het, \u2019n romantiese vertelling was wat die mite van die muse bevestig \u2013 dat ek die een of ander hemelse openbaring gehad het en toe is die boek daar. As daar \u2019n Aspoestertjie-element kon bykom, soveel te beter, dat ek \u2019n armsalige sukkelaar was, toe skryf ek hierdie boek en kyk hoe suksesvol is ek vandag! Of dan ten minste iets amusants.<\/p>\n<p>Maar het ek met iets van die aard uitgekom?<\/p>\n<p>Nee. Ek het gepraat oor iets wat my interesseer, eerder as die gehoor. Waarin ek belang stel is skryf. Die proses is waaroor ek wil praat.<\/p>\n<p>Dit was nog voor woordverwerkers, en ek kon met bietjie forensiese navorsing \u2019n hele rits weergawes van die boek se eerste paragraaf opdiep. Wat ek toe staan en doen, is om vir die bloedjies die een weergawe na die ander van my eerste paragraaf te wys en te verduidelik waarom ek besluit het om hierdie sin uit te haal, of daardie frase te skuif.<\/p>\n<p>(Terloops, anderdag lees ek iemand s\u00ea dat Jan van Tonder soveel moeite met sy skryfwerk doen, hy het een boek se eerste sin sewe of twaalf keer oorgeskryf. En toe dog ek: Doen almal dit dan nie?)<\/p>\n<p>Vir interessantheid, <em>Wydsbeen<\/em> se eerste paragraaf se laaste weergawe lees so:<\/p>\n<blockquote><p>Wydsbeen op die nok van \u2019n kerkdak in Zeeland. Die man het sy gereedskap neergegooi. Hy voel in elk geval magteloos. Die verlede druk swaar op sy skouers, waar sy vlerke sou gewees het as hy \u2019n vo\u00ebl of \u2019n engel was soos di\u00e9 wat op hom neerkyk. Daar, d\u00e1\u00e1r sit hy, gebo\u00eb soos \u2019n verslane ridder op sy strydros.<\/p><\/blockquote>\n<p>Kyk, hier babbel ek al weer oor hierdie stukkie prosa!<\/p>\n<p>Ek hoop ek het sedertdien \u2019n beter skrywer geword en meen ek sou dalk meer met die opset en vertelling van hierdie storie kon doen, maar moet bely die prosa klink nog vir my na die soort ding wat ek sou skryf.<\/p>\n<p>En nog \u2019n bekentenis: Ek kon dertig jaar nadat ek dit geskryf het, die begin van hierdie paragraaf tik sonder om in die boek te moet kyk.<\/p>\n<p>Dis omdat ek die stuk soveel keer moes oorlees. Lesers lees \u2019n boek een keer, miskien twee, by uitsondering drie. Ek het nou getel: Vandat my jongste manuskrip klaargemaak is, het ek hom maklik nog tien keer van voor tot agter gelees. Dis nou buiten om na spesifieke tonele of passasies in afsondering te kyk. En natuurlik, terwyl jy skryf, lees jy elke sin oor en oor.<\/p>\n<p>Daar l\u00ea vir my nog een lees van hierdie een voor, as die bladproewe kom. Dan hoop ek om hom neer te l\u00ea soos \u2019n sweterige lieflingshemp na \u2019n lang dag \u2013 met dankbaarheid en waardering, maar ook \u2019n tikkie weersin.<\/p>\n<p>Die harde werk is deel van die realiteit van skryf. Maar wie buiten \u2019n skrywer wil dit nou hoor?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My eerste skrywerspraatjie was \u0149 teksboekvoorbeeld van hoe dit NIE gedoen moet word nie. Dit was in die vroe\u00eb 1990s,&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0},"categories":[38],"tags":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/995"}],"collection":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=995"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/995\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":996,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/995\/revisions\/996"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=995"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=995"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/zirkvandenberg.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=995"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}