Geheim van die gruwelsand

“Een van die heerlikste verbeeldingsvlugte wat ek in jare gelees het.” – Kerneels Breytenbach

Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib.

En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel hier laat in 1942 te kampe het nie. Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens in hom ontlok?

Geheim van die gruwelsand is ʼn barre konkoksie van lekkerlees-genres: skop-skiet-en-wonder, wetenskapfiksie, geskiedkundig en griller, met ’n sterk streep romanse.