Hemel en aarde en ons

’n Sublieme stuk prosa met woorde wat skitter soos edelgesteentes. Van den Berg slaag meesterlik daarin om die vervlietendheid van die lewe roerend en aangrypend onder die loep te neem.

– Francois Bekker, Beeld, 12 Februarie 2024

Tussen die stories kwispel die waarheid . . .

’n Weerspannige web van gevoelens weef deur die dorp – begeertes, morele verpligtinge, gekwetsde egos, verwyte, afguns en angs loop kruis en dwars van mens tot mens, snaarstyf en trillend liggeraak.

Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.

Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konseptuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, verwording en vergetelheid.