Kortverhale

My eerste gepubliseerde werk was ʼn kortverhaal, in Huisgenoot toe ek nog ʼn tiener was. My eerste boek was ʼn bundel kortverhale, tien jaar later. Heelparty van my verhale is oor die jare in versamelbundels opgeneem en die kort storietjie “Eendag dag ek ek sien bloed” het geblyk ‘n kanniedood te wees wat eintlik nog heeltyd in druk is. Ek het nooit heeltemal opgehou kortverhale skryf nie. Hieronder is ʼn samevatting.

My kortverhale het in diverse bundels verskyn, onder meer hierdie klompie.

Gepubliseerde kortverhale

Die moontlikheid – Huisgenoot, 1979.

Ballerina – Huisgenoot, 1979 se koers.

Kortverhaalbundel: Ekstra dun vir meer gevoel, Tafelberg, 1989

Simon se pa – jeugstorie in Storieboom, Jutalit, 1989 en ʼn Rooie met ratte, Jutalit, 1990.

Die nuwe bal – jeugstorie in Storieboom, Jutalit, 1989 en ʼn Rooie met ratte, Jutalit, 1990.

Rook verbode – Kort-kort, JP van der Walt, 1990.

Sewe soorte stront  – Kort-kort, JP van der Walt, 1990.

Henkie se storie – Die wond en ander verhale, HAUM-Literêr, 1992

Die Kaapse nooi sê tiengeliengelieng – Bloots, Tafelberg, 2012

Die bakker se dogter/die melkman se seun – Bloots, Tafelberg, 2012

Kus van die dood – Rapport, 2013

Braaiboet – Op die spoor van, Tafelberg, 2017

Giraf – Vrouekeur, 2019 (en weer in die bundel Ver in die wêreld, 2023)

Tussen niks en nêrens – Vrouekeur, 2019

Ver in die wêreld – Huisgenoot, 2019 (Hierdie een het niks met die latere bundel met dieselfde titel te doen nie.)

Die hoof van die huis – Vrouekeur, 2019

Middelkolletjie – Vrouekeur, 2019

Lam man – Die groot Afrikaanse prosaboek, Human & Rousseau, 2019

Greep – Litnet, 2020

Onse mense – Ver in die wêreld, 2023