Die Vertes In

Kwela SA 2018

Een van die groot raaisels rondom onlangse literêre pryse is hoe dit gebeur het dat Zirk van den Berg se Die vertes in nie oorvloedig bekroon is nie. – Blogskrywer Crito op Litnet, Julie 2020

Indrukwekkend, onthutsend en boeiend. Van den Berg skryf treffend oor die aard van menslikheid en die steeds aktuele geskiedenis van wandade in Duits Suidwes-Afrika. – Kerneels Breytenbach

… ‘n meesleurende verhaal met ‘n sterk en aktuele boodskap wat by jou sal spook lank nadat jy die boek klaar gelees het. – Francois Bekker, Die Burger

Sy beskrywings word terstond prente in die leser se kop, en sy karakters word mense wat jy dalk al teëgekom het.  – Johan Myburg, Maroela Media

Hy is vier-en-twintig jaar oud en het elke winter van sy lewe by die dood omgedraai. Dit onderskei hom van mense wat nie hulle eie weerloosheid erken nie. Sy tuniek is een of twee nommers te groot om die bors, maar die hunkering in sy hart is selfs groter. Hy gaan Afrika toe.

Die karakter ter sprake is Siegfried Bock. Die plek is Duits Suidwes-Afrika. Die jaartal is 1905. Dis ’n tyd van oorlog en beroering.

Siegfried Bock kom as soldaat Duitswes toe om sy staal te wys. Lisbeth Löwenstein is hier om met ’n man te kom trou wat sy skaars onthou. Mordegai Guruseb ontsnap uit ’n konsentrasiekamp en probeer aan die geskiedenis self ontkom. Albert Pitzer is in Afrika om sy teorieë te bewys en sy selfrespek te herwin.

Oor die verloop van ʼn maand vervleg hulle lotgevalle met mekaar en die rebelse skoolmeester Alvaus Luipert. Elkeen moet ʼn ver pad loop.

Lees die resensie op Maroela Media.

Koop Die Vertes In op Amazon.