Halfpad Een Ding

Penguin SA 2014

Hier is nie die histerie van dramaties groots opgesette oorlogvoering nie. Hier is mense wat met hul menslike beperkinge probeer oorleef in omstandighede waarin daar heldedade van hulle verwag word terwyl hulle nog platgeslaan is deur die werkinge van die noodlot. – Kerneels Breytenbach, Rapport.

Halfpad Een Ding is ‘n roman van hoogstaande gehalte. – John van den Berg, Sarie.

Gideon Lancaster het met een en dieselfde daad albei kante in die Boereoorlog verraai, en voel self verraai.

Só begin hierdie boek.

Gideon is ‘n Kiwi wat saam met die Imperiale magte teen die Boererepublieke baklei, en word gestuur om hom as spioen by die fanatiese Jacob Eksteen se kommando aan te sluit. Hy word gewond en ontmoet vir Esther Calitz, en skielik weet hy nie meer waar sy lojaliteit eintlik lê nie.

Die boek is vol aksie en spanning, maar twyfel oor die individu se volksidentiteit speel ‘n grondliggende rol. (Die feit dat die skrywer ‘n Boer is wat hom tussen Kiwis bevind, het hier seker ‘n invloed gehad.)

Lees die resensie in Vrouekeur.

Koop die boek op Amazon.