Tweegevreet

Tweegevreet (Kwela, 2020)

As meester-storieverteller stel Zirk van den Berg twee uiteenlopende menslike eienskappe spanningsvol teenoor mekaar op: ware karakter teenoor die gesig wat mense aan die wêreld voorhou. – Francois Bekker, Beeld 27 Julie 2020

“kombineer […} die kompulsiewe leesbaarheid van die heel beste misdaadromans met die diepgang en struktuur van die geslaagde historiese roman” – Jonathan Amid, Rapport 13 September 2020

Tweegevreet tel heelparty van die karakters in Die vertes in se storie enkele maande later op. Die boek speel oor die verloop van een week in Julie 1905 af.

FLAPTEKS: Mense hou valse gesigte voor. Wraak het verskillende gedaantes.

Wanneer Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei ingeroep word om die dood van ’n boer in die Hochnamibdistrik te ondersoek, het hy geen rede om te vermoed dat moord die oorsaak is nie. In 1905 in Duits-Suidwes-Afrika is ’n aanval deur ’n wilde dier nie ongehoord nie en te oordeel na die merke aan die lyk was dít die man se lot. Maar dan ontdek Siegfried daar naby ’n luiperdkarkas waarvan die voorpote afgesny is . . .

Terwyl Siegfried die saak ondersoek, kry hy ook te make met spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Boonop worstel hy met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. Kan hy dit alles te bowe kom en geregtigheid laat seëvier?

Soos in sy voorganger, Die vertes in, word gewigtige tematiek subtiel in Tweegevreet se boeiende spanningslyne verweef.

Die boek was op die kortlys vir die 2022 Hertzogprys vir Prosa.

Resensie in Beeld, 27 Julie 2020
Resensie in Rapport 13 September 2020 (deel 1)
Resensie in Rapport 13 September 2020 (deel 2)

Lees die onderhoud met Melt Myburgh op Litnet.

Koop die eboek op Amazon.