
‘n Veertigstuks uiteenlopende kort-kortverhale. Heelparty van die stories in hierdie bundel is daarna in versamelbundels opgeneem, onder meer in Wisselstroom (Human & Rousseau, 1990); Vuurslag (Tafelberg, 1991); Feesmaal (Tafelberg, 1994); Eeu (Human & Rousseau, 1996, etlike herdrukke as Die Afrikaanse kortverhaalboek); Storiepalet (Van Schaik, 1998); en heelparty boeke vir die skolemark.
Koop die Kindle-weergawe op Amazon.