‘n Ander Mens

Kwela SA 2013

Skitterend, skerp en spannend! ‘n Sterk, karaktergedrewe en ongewone spanningsverhaal. – Karin Brynard

ongewone spanningsverhaal… uitstekend geskryf en sal jou boei tot aan die einde. – Gert Venter, Sarie

Deur Van den Berg se pragtige beskrywings van die wye Afrika landskap, vanaf die afgeleë woestyn in Namibië tot by die woelige voorstede in Kaapstad waar drome onderbreek word deur die klank van alarms wat loei en honde wat blaf, lei hy die leser tot in die hart van skrikwekkende gebeure. – Herman Binge, commendatio by kykNET-Rapportprys

Erica van der Westhuizen het die ideale manier gevind om te sorg dat die getuies vir wie sy nuwe identiteite moet gee, nooit weer gevind word nie. Sy maak hulle vankant. Maar dan word Daniël aan haar toevertrou, en hy is feitlik onskuldig…

Die boek is geskryf in ‘n tyd toe ek besig was om te migreer, en die kwessie van ‘n nuwe identiteit, en heimwee na Suid-Afrika, het kleur aan die storie verleen.

Hierdie boek, my vertaling van Nobody Dies, het in 2014 die eerste KykNet-Rapportprys vir Film gewen. Die rolprent is in 2019 vrygestel – ‘n aksie-komedie weergawe van die storie. Hier is ‘n voorskou. Die boek is in Februarie 2019 heruitgegee.

Lees Willie Burger se reaksie op die fliek, wat hy dan met die boek vergelyk.

‘n Ander Mens is op sy dag uitgestal as die topverkoper in minstens een boekwinkel.

Koop die boek op Amazon.